Van tinder tot Troue
Hy koop vir haar blomme elke maand.
Henco dans met Madeli in die kombuis.
Van 12 Julie 2024
By Bella Casa in Bloem het ons verhaal begin.
Henco en Madeli is die soort mense wat die lewe eenvoudig beter maak vir mekaar.
Waar Madeli vreugde vind in legkaarte, sal Henco eerder iets anders aanpak – maar tog sit hy dikwels langs haar net om saam te wees.
Daar word in die kombuis gedans, gelag en herinneringe gemaak.
Blomme elke maand is Henco se manier om te sê: “Ek dink aan jou.”
Wanneer Madeli haar kreatiwiteit uitleef met verf, is Henco altyd naby – soms as helper, soms as bewonderaar.
En tussen al die klein oomblikke bly een van ons gunstelinge steeds dieselfde: om saam karaoke in die motor te sing met die musiek hard en die vensters oop.
"Baie waters kan die liefde nie uitblus, en riviere kan dit nie wegspoel nie." – Hooglied 8:7.
Saam karoake in die kar is ons favourite ding om te doen.